Welkom by HvD se Webwerf

Gaste word met ope arms verwelkom by Hennie en Tokkie se webwerf
Loer binne
Nuwe Blogs

MY SPAN LIVERPOOL!

Die stewige aanbod (ooraanbod?) van Engelse sokker op Supersport en e-nuus op Kyknet herinner my telkens aan my naaste belewenis van ’n FA Cup Final. Dit was in Mei 1974. Ek was nie die Saterdag by Wembley nie, wel in Londen in verband met die stigting van Beeld in September. Die wedstryd is op 4 Mei uitgespook tussen Liverpool en Newcastle Unted voor ‘n skare van 100 000 singende, vlagswaaiende...

TOT SIENS, VRIEND KOOS

Een van die opgeruimdste mense wat ek in my lewe leer ken het, was wynboer Koos Myburgh (80) van die Agter-Paarl. Sy voorraad grappies was eenvoudig onuitputlik. Die goeie ou vriend is vanmiddag rustig in sy huis in Tweede Laan, Melkbos, oorlede. Koos het op Melkbos kom aftree. Hy het president geword van ons sosiale klub vir afgetredenes, Probus. 'n Meer informele president -en gewilder...

VAL-VAL OP DIE VOORBLAD

Moet dit nie invryf nie; ek weet ek is nou met die RSG-onderhoud met die gedugte Ilze Salzwedel oor die kop geslaan. Opmerkings van dese en gene het my egter laat wonder wat ek sou wou vertel as dinge so verloop het dat ons meer oor boeke en minder oor koerante praat. . Om ‘n glimlag uit te lok, sou ek wou vertel van my twee boeke met ‘n val op die voorblad: Oos, Wes, Reismoles en Flaters en...

SPRANKELENDE 21

Hier dan: Hamlet met die prins(e). Die uwe en ouma Tokkie saam met Thomas (links) en Jacob . Agter ons is Simonsberg. Kyk hoe trots is ons twee oues! Op die onderste foto is ons saam met die hele Claassens-span: ook Brent, Marisa en Christopher. Vir die boonste foto dank ons Chrstopher en vir die onderste Danielle Claassen (sonder die s).            Lustig is das...

ONS GEBEDJIE BY ‘N HEUGLIKE 21

Die storie van 21 wonderlike jare word hier in een (saamgestelde) foto vertel.  Ons oudste kleinkinders, die tweeling, Jacob en Thomas Claassens vier vandag, Saterdag 26 April, hul mondigwording. Op die foto bo regs is hulle op hul eerste besoek by die naambord van Tarlehoet, ons geliefde boshuis in Sabiepark, Mpumalanga.  Hulle was toe skaars ‘n jaar oud. Pappa en mamma was darem toe nog by. ...

MIERTJIES OP ONS KUSPAD

Die M14 is nie ‘n belangrike pad op die landkaart nie. Hy loop maar suutjies langs die Atlantiese kus tussen Melkbosstrand en Bloubergstrand aan die Kaapse Weskus. Net 10 kilometer of wat, maar heelpad met die gedreun van die oseaan in jou ore. Dis vir my ‘n idilliese pad, ‘n pad waarvoor ek baie lief is. Ek verken graag die bekoorlike baaitjies aan hom een vir een: Holbaai (op die foto),...

SLAG VAN MELKBOS

My brief in Rapport se meningskolom Sondag 13 April: Jammer om daardie ballon te prik, maar die Slag van Blouberg in 1806 was nie in Blouberg nie. Om ‘n stryd teen ‘n nuwe hotel in Blouberg aan die veldslag van amper 220 jaar gelede te koppel, kan oulik klink, maar is histories geheel onjuis. Met sy berig “Inwoners van Blouberg veg hand en tand teen nuwe hotel” (6 April) trap Rapport ongelukkig...

UIT DIE SPREEKKAMER VAN ‘N DOKTER MET HUMOR

Uithaler-seremoniemeester Flip Nel van die aftree-oord Oasis in Century City – gewis een van die beste seremoniemeesters van sy era in die wyke waar hy gewoon en gewerk het - vier vandag sy 90ste verjaardag. Die ongenaakbare werklikheid is dat net sy naastes die verjaardag sal gedenk. Hyself is fisiek nog met ons, maar eintlik afwesig weens die “groot vergeet” wat hom die laaste jare ingehaal...

SIYA, PIETER-STEPH, HENNIE VAN D. EN DR. WILLEM

Vra my wat ek en rugbyhelde soos Siya Kolisi en Peter-Steph du Toit gemeen het, en die antwoord is ongelukkig nie my kranige spel op die rugbyveld nie.  My nederige beste poging was vir my koshuisspan in die derdeliga in Pretoria. Die gemeenskaplikheid, dames en here, is dat my wankelrige knie ook die deurlugtige aandag van wyle dr. Willem van der Merwe (foto) geniet het. Vir die doel is ek na...

OORTJIES, STOEPIES, ROSYNTJIES EN BOKDROLLETJIES

Nee, allemagtig, wat te erg is, is te erg. So kan ‘n mens Sakkie van Zyl, oud-advertensieman van Die Burger, se verontwaardigde brief in vanoggend se koerant parafraseer oor die uitsonderlike hamburger-advertensie Vrydag wat deel van die mashoof vorm. Kyk foto 1. As ’n oud-redaksieman moet ek my emosionele gewig by Sakkie inwerp. Nuus se plek in die koerant is immers met sorg afgebaken en moet...

“KISS THE BOXER, KISS THE CHAMP”

Ekstra energie vir sy boksgeveg om die ligswaargewigtitel van die wereld teen die SA uitdager Pierre Fourie in 1975 het die kampioen, Victor Galindez (die "Dier") gekry uit twee vitamiene-inspuitings elke dag. Dit lees ek vandag in my gunsteling Burger-rubriek, "50 Jaar gelede". Die geveg was op Saterdagaand 5 April 1975 in Johannesburg. Vanoggend se mededeling hieroor herinner aan 'n...

KOEK EN TEE BY ‘N MOORD

Die Niggiemoord in Januarie 1966 op Odendaalsrus lok enorme belangstelling uit, op TV, in koerante en tydskrifte, op, sosiale media, in private gesprekke, oral. Vanaand gaan derduisende - nee, der-tienduisende of der-honderdduisende - om 20:00 op Kyknet ingeskakel wees vir episode twee. Vir my as koerantman uit daardie era is een redelik algemene reaksie verbysterend. Dit is die wye onkunde oor...

PLESIER VAN PADKOS

‘n Kostelike stukkie humor in die Bybel is hoe die Israeliete op hul Groot Trek na die “land van melk en heuning” holderstebolder met hul onklaar “padkos” uit die land van die farao vort is. In Eksodus 12 lees ons hulle het in die pad geval met hul brooddeeeg, sonder suurdeeg, in skottels wat in klere toegedraai is, op hul skouers. Daarmee het hulle langs die pad ongesuurde roosterkoeke gebak....

SCOOP VAN NIGGIEMOORDE: PAD NA DIE VOORBLAD

Aan een ontslape kollega het ek toenemend gedink terwyl die promosie van die nuwe Kyktnet-TV-reeks oor die raaiselagtige niggiemoorde van 1966 op Odendaalsrus stoom opgetel het.Chris (Molie) Moolman (foto), destyds Goudveldse verteenwoordiger van Die Volksblad, sou beslis die reeks met ‘n arendsoog gevolg het. Die storie oor die moorde was destyds sy scoop.Wanneer die reeks “Niggies” vanaand...

OP STERFBED OP VOETE GESIT

Die raaiselagtige buit van drie lyke uit 'n begrafnisondernemer se besigheid op Kuruman herinner aan 'n kaping lank gelede in Bloemfontein waarvan omstandighede ook taamlik bisar was. Vir die slagoffer bewaar ek ’n dubbele dosis deernis in my hart. Dié drommel se huwelik was aan't wankel en sy geldsake beroerd. Die lewe het in die algemeen genadeloos gedruk. In sy broosheid word hy toe boonop...
&

Kyk onder 'BLAAI SAAM' bo

Gebruik die ‘menu’ heel bo om ons webwerf to navigeer

 

Welkom by ons Tuisblad!
  • Lees resensies en lesersindrukke van boeke uit my pen tot en met nommer 22,  “Koerantkamerade” (Litnet, 2021). Klik op die skakel Boeke.
  • Kom loer in by ons Bosveld-paradys Sabiepark en op Melkbos – ware plekke van melk en  heuning. Skakels: Bosveld, Melkbos.
  • Kyk saam na die album van ons Drie Bakenfees (my 75ste, Tokkie se 70ste en ons  goue bruilof)  op 26 Maart 2016 in ons “tent van samekoms” op Melkbos se grasperk (fotograwe: Jacob en Thomas Claassens). Skakel: Tentfees.
  • Kry ‘n prentjie van ons karre en ons huise deur die jare.Skakels: Motors/Huise.
  • Kom vaar saam met die Van D’s op die manjifieke QM 2. Skakel: Kom vaar saam. 
  • Maak kennis met Witnek, ons (gewese) Sabieparkse duikertjie Skakel: Witnek.
  • Lees oor my nuwe e-boek oor die olifant Mayafudi, Spore in die bos. Luister na die inspirerende ELEPHANT SONG. Skakel: Mayafudi.
  • Maak kennis by met HvD se kerk-memoires –  die beskeie begin en einde van ‘n abortiewe boek oor my verbintenis met die NGK. Skakel: Kerk.
  • Kry  ‘n volledige lysie van HvD-titels. Skakel: Boeke.
  • HvD en die WVK, Skakel: HvD en die WVK.
  • Wie is HvD? Lees die profiel vir die webblad Mediamense.Skakel: Hoogtepunte.
  • Wie is Tokkie?  Sy swaai die septer – met CV en al. Skakel: Tokkie. .
  • Vir ‘n “selfportret”  besoek die skakel die Ware Jakob.
Klik op die verwante fotos om meer te lees..

Einde van era

Op Saterdag 7 Augustus 2020 het Volksblad vir oulaas as papierkoerant verskyn. ‘n Ikoniese gewel verdwyn uit die galery van hoofstroomkoerante. Volksblad skuif in ‘n nuwe gedaante op ‘n digitale syspoor onder die sambreel van Netwerk24. ‘n Hartseerdag!

Wiele
Die Van Deventers se wiele deur die jare kan besigtig te word deur op die foto te klik (Die X1 staan van 15 Januarie af in my motorhuis)

Tentfees

Foto’s van ons tentfees op 26 Maart 2016 ter viering van my 75ste, Tokkie se 70ste en ons goue bruilof op 31 Desember.

Kom vaar saam 

‘n Onvergeetlike vaart op hierdie skip van prag, praal & styl. Tokkie op die dek by die kenmerkende rooi reuseskoorsteen van Cunardskepe
Ek-bril
Ek betrag my 50 jaar by koerante deur ‘n – natuurlik uiters bevooordeelde – ek-bril.
Sabieparkkuiers
KRONIEK van die lief en leed  van nege Sabieparkkuiers  saam met Oupa en Ouma.
HvD en die WVK
“Afrikaanse koerante het hul plig gedoen.”. Getuienis van o.m. doodsdreigemente vanuit die ver-regse AWB.
Ons luiperd
Luiperd maak haar tuis op Tarlehoet se stoep. Dag en nag vir twee dae lank. Caroline Pols van Gecko het die verrassing op die lyf geloop en die foto’s geneem.
Huise
Van Babanago af tot nou op  Melkbos was daar nogal heelwat huise in die Van D’s se lewe. Meer as waarvan ons foto’s het. Klik op die foto

HVD SE BOEKE – VAN ‘SCOOPS’ (1993) TOT ‘ELKE DAG ‘N MOOI NOOI EN ‘N MOORD’ (2023)

Deel dit: